Tuesday 23 October 2012

Dag 1 - Sussie is `n charmer!

Wat kan ek sê? My kind is die mooiste, cuteste, oulikste wesentjie op die hele aarde en sy charm almal se sokkies af! Sy gooi daardie gum smiles wat skrik vir niks! My hart vermuwe elke keer en ek is bevrees madam het haar pa so woes om haar pinkie, hy sal moet wal gooi.

Sussie het omtrent 20 minute geslaap oppad huis toe en toe die HELE middag spandeer om haar nuwe ouers te charm. Mamma in haar onbeholpenheid het vir haar soveel winde gegee dat ons eers teen half 8 al die nare  goed uitgeburp gehad het. En daar slaap sy toe dwarsdeur haar 12 uur voeding en as ek haar nie wakker gemaak het nie het sy deur haar 4 uur voeding ook geslaap.

Mamma het natuurlik NIKS geslaap nie en sit nou en blog a.g.v `n nag van slaaploosheid, `n stout kat en `n hoofpyn. Maar aai, toe sussie daai pixie ogies van haar oopmaak en sy gooi haar ma een van daai wenner smiles half 4 in die oggend, dan is alles vergewe en vergeet.

Na dag 1 kan ek met vertoue sê ek weet hoe lyk `n wind wat vassit, hoe lyk sy as sy klaar gewind is en hoe lyk sussie se doek na `n wenner stinkie! Sy sal oupa Cobus, oom Hannes en oom Manie ongelooflik trots maak op haar!

Oja, sy is ook deur 2 outfits (behalwe die designer nommer), twee kombersies en `n spoegdoek. Ek het gedink die ander mammas speel toe hulle vertel hoe baie wasgoed hierdie bondeltjies genereer.

Die son het nounet oor dag 2 opgekom en ek kan nie wag om in my kind se ogies te kyk nie!

3 comments:

Lilo said...

Honestly, I cant stop "Tjanking". thank you for sharing your incredible journey with us..
Aneli, you look RADIANT!! as for you Miss Janke, you are BEAUTIFUL. Its no wonder you have your Daddy wrapped around your perfect little finger.

Be Blessed Gerber family

nmfghjt said...

So bly vir julle! Geniet dit.

Pandora said...

Oh man, she is so cute! Just too gorgeous. I can almost just cry, I still get so emotional. Congratulations, may you all have a blessed time together.