Monday 22 October 2012

Vandag word ons ouers!

Vandag word ek en Kobus `n pappa en `n mamma en die senuwees is gedaan. Kobus het gisteraand sy pad deur die kruidenierskas oop geëet. Ek het `n slaappilletjie gedrink wat nie gewerk het nie. Vanoggend vroeg al het die fone begin lui, beep en vibreer met opgewonde oumas en oupas, ooms, tannies en vriende. 

Ek gaan nou gou my hare laat uitblaas by die salon en my nuwe hempie hang teen die kas. Daar gaan heeltemal te veel fotos geneem word vir my ons soos `n trênsie te lyk. Kobus gaan gou die kar laat was want sy dogter moet nie in `n vuil kar rondry nie!!!

Die doekesak staan gepak en ek vroetel elke 5 minute daarmee om seker te maak ons het alles. Die kamera en videokamera is volgelaai sodat ons alles byderhand het om die groot oomblik vas te vang. Sussie se waentjie is in die kar, reg vir gebruik en ek het tot laat gelê en baba handleidings lees om seker te maak ons hou vir sussie aan die lewe.

Ek hou egter in gedagte dat vandag die tweede heuglikste dag in my lewe is maar ook die swaarste dag in die lewe van ons biologiese moeder. Ek het respek vir haar hartseer en ek sal haar altyd in my hart saamdra.
Baie dankie vir ons ongelooflike geskenk!

2 comments:

Lilo said...

What a wonderful day..

Nolien said...

ai Aneli, ek voel dit trane opstoot im my oë ek kan dink watter gejaagde gevoelens binne jou was en watse bekommernisse en vrae Kobus gehad het want sy verantwoordelikheid het soveel groter geword, jy klink so gelukkig en ek gun dit vir jou ek het van skool af geweet jy sal 'n wonderlike ma en vrou wees jy is 'n pragtige mens wat hierdie geluk verdien. My hart en gebede gaan uit na Janke se biologiese ma en ek bid sy het vrede in haar hart met haar besluit ek wens ek kon vir haar sê dat ek jou al jare ken en haar dogtertjie kon nie 'n beter liefdevolle mamma gekry het nie... weereens baie baie geluk en neem elke oomblik in want hulle word vreeslik vinnig groot!