Thursday 18 October 2012

Ons is so reg!

Sussie, ons is reg vir jou my skat! Jy het wiele, `n bedjie, kossies en die mooiste klere. Jou kamer lyk pragtig  en al jou goedjies is uitgepak en reg om gebruik te word. Nou moet jy net opdaag my liefiekind! Jou fotokie is op my en pappa se telefone en jy glimlag tog te mooi van my desktop af!

Ons beplan `n baie lui naweek sodat ons goed uitgerus kan wees vir die min slaap volgende week wanneer jy by jou "hotel" aankom. Ons is so opgewonde oor jou koms!

Dankie vir die mooi verslag wat ons van jou velige hawe ontvang het. Almal is so lief vir jou en trots op jou vriendelike glimlaggie en rustige geaardheid. Ons is reg om jou tonne liefde te gee met baie drukkies en cuddles. Nog net `n paar slapies dan is ons `n gesinnetjie.

No comments: