Tuesday 23 October 2012

Dag 1 - Soveel vreugde!

Waar begin mens om soveel emosie in een dag te beskryf?
Die rondrol en slapeloosheid van die onbekende, ek meen te sĂȘ, ek was nog NOOIT in die hof nie! Dit is net die Liewe Here se genade want ek was `n paar keer naby:) Dan is daar die ontmoeting met die biologiese mamma en ouma. Die onsekerheid of Sussie sal aanpas en of sy gelukkig gaan wees, of ek sal weet wat sy bedoel as sy huil of sal weet wat sy nodig het. Die ongelooflike dankbaarheid dat die hele hartseer proses agter die rug is. Die trane, frustrasie en sommige dae se hopeloosheid en dan daardie ongelooflike gevoel van paniek as jy in haar ogies kyk wat jou so volkome vertrou en jy weet nie of jy altyd daai vertroue werd gaan wees nie.

Dan is daar die engele wat die dag so besonders maak. Engel Rienie wat die huismoeder is waar die biologiese mamma gebly het en wat haar hand vasgehou het toe sy geboorte geskenk het. Engel Toekie wat my kind so mooi versorg het en so ongelooflik lief is vir haar. Sy het alles vir my gehou, mooi met briefies aan want sy het geweet ek luister nie toe hulle alles verduideik het nie. Daar is nie `n sekonde in my kind se lewe wat nie in een of ander manier vasgevang is nie.

Daarmee saam kom die ongelooflike berusting dat ek eendag vir haar alles kan gee en wys. Sy hoef nooit op `n soektog te gaan nie want alles is daar vir haar, die fotos, die briewe, die bewyse, elke dingetjie wat deur `n span engele vir haar bewaar is.

Daar is die engele wat so vrygewig bydra terwyl ons kindjie in die tehuis was. Sy het `n boutique outfit aangehad met `n designer EN `n handgehekelde kombersie. Sy het  tot `n teddie uit Duitsland! Maar die mees spesiale pakkie wat ek gekry het is die uitrustings wat ouma S en G gegee het. Met soveel trots en soveel liefde vir die kindjie wat hulle met sulke ruim harte vir ons gee.

Ons maatskaplike engele Sonette en Eloise, dankie vir die mooi woorde en die ondersteuning. Dankie dat julle altyd die beste vir ons op die hart gehad het al het ek julle so baie keer misverstaan. Dankie vir ons mooie meisiekind en julle reuse aandeel in die proses.

Ek dank die hemelse Vader vir die baie lewens wat hy moes stuur om ons almal gister in een sitkamertjie te kry. Jy kan nie die mag van die Vader en sy wil mis kyk in ons aannemingsreis nie.

2 comments:

The Blessed Barrenness said...

Congratulations Aneli! Adoption is indeed a beautiful experience and one can only appreciate it's beauty once one has experienced it.
Your daughter is beautiful!
xxx

Juanita said...

Aaaaaaawww sy is pragtig!

Sterkte met die groot aanpassings, maar weet dat julle wonderlike ouers gaan wees. xxx