Tuesday 5 June 2012

Verlange

Elke dag wat verby gaan vang ek myself dat ek na jou verlang. Dit is `n ander verlang.... nie die verlang wat ek voel vir my ouers of die seuns of vir Kobus as hy weg gaan nie, maar `n ander soort verlang wat ek nie ken nie.

Dit is ook nie `n verlange wat ek deel nie. Dit is net myne. Verlange vir jou omdat ek weet jy is daar buite my skat. Dalk is jy al in jou magie-mamma, warm en knus of dalk is jy al veilig by `n kangeroe mamma of dalk is jy nog net deel van die Vader se plan vir my lewe, maar ek weet jy is veilig en jy is gelukkig.

Ek velang om jou gesiggie te sien. Ek verlang om jou storie te hoor en om deel te word van jou reis hier op aarde. Ek verlang om saam met jou te speel en vir jou nuwe avonture te laat beleef. Ek verlang om jou te sien speel op jou stage wat ek besig is om vir jou te bou.Ek verlang na jou armpies om my nek terwyl jy liefdetjies in my nek soen.

Waar jy ook al is op jou reis, my liefiekind, ek wag vir jou, en pappa wag vir jou, en ons kan nie wag om jou deel te maak van ons gesin en ons liefdeskring nie. Ek bid dat Liewe Jesus jou altyd styf sal vashou en jou veiling tot by ons sal bring.



No comments: