Thursday 7 June 2012

Stadig maar seker

Ek het nie op die oomblik die mees stresvolle werk nie, met die gevolg dat ek baie tyd het om die internet te surf en oor allerhande dinge te lees. En ek lees ure lank!!! Oor alles en nog wat!

Toe ons met die hele proses begin het was ek min gespin oor die fisiese versorging van sussie of oor wat ek gaan nodig hê om haar groot te kry. Daar was net twee dinge op my brein; cute klere en haar kamer. Ek het net aanvaar dat manlief, met al sy baie baba ondervinding, sal weet wat om te doen en ek hoef nie te wonder en te stres nie. So ek het nie.

Maar...
Die laaste twee weke of so vang ek myself dat ek voor die baba rakke staan en nie `n clue het wat ek moet koop nie. Dischem is die mees intimiderendste van almal! Het jy al die omvang van die baby wipes rak gesien?
En dit is net die baby wipes! Dan praat ons nie eens van die res van die oneindige lys van opsies nie. En doeke....ek meen daar is so baie opsies en wat is nou eintlik die verskil tussen hulle? Is die basiese doelwit nie om die weewee te vang nie? Vang een doek, regtig, die poepse beter as die ander?

So besluit ek dan dat natuurlike biologiese moeders nie meer die vyand kan wees nie want ek het raad nodig. Ek sal die nare gedagtes opsy moet skuif en vra! (Die oorsprong van die wrewel is mos maar omdat hulle kon en ek kan nie eens met hulp dit regkry nie:) Hoe stupid die vrae ook al mag wees, as ek die regte storie wil hoor sal ek ma die humble pie moet eet!

Natasha is `n mamma van `n 3ling dogters wat ook met die hulp van Dr. Shuda swanger geraak het en sy was daar vir my elke treë van my eie behandeling. So tegnies gesproke was sy nie regtig deel van vyand nie. Anyway daar pak ek die bul by die horings en twee ure later het ons sekere voorkeure. 
Hier volg;

Pampers 
Bennet`s Bum Cream
Johnson`s se Lavender Top to Toe Wash
Actually like ons nou enige Johnson`s wat `n pomperige ding het.
Angel Care Baba monitor - `n nuwe ene!
Tommy Tippee bottels
Oja en ek gaan my babaklere in wit asyn uitspoel en nie met Staysoft nie. Dit was `n nuwe een vir my!
Ek is nog 100% in denial oor setpille. Met tyd kom raad hoop ek!! 

Die verdict is egter nog uit oor `n dummy (ek haat `n dummy) en teething beads. Sussie sal blykbaar self haar voorkeur aandui. Ons gaan ook geen purity koop nie en ek het myself voorgeneem om self pampoen te kook en alles wat goed en voedsaam is vir haar. Ek meen sy beter `n voorliefde vir pampoen ontwikkel voor sy agterkom ek eet Steers crispy chippies i.p.v skorsies!

Hoewel ek nog steeds eerder babakamers, fancy dress kostuums en kinder partytjies Google is ek al baie beter toegerus vir my wagtende titel as moeder. Hoeveel te meer as jou vriendin vir jou `n gedetaileerde medisyne spreadsheet gee met alles wat jy mag nodig kry. Dit is mos nou die moeite werd om deel te word van daardie secret society van moederskap.

So bewandel ek dan nou hierdie nuwe pad, ietwat onbekend en klein bietjie skrikwekkend, wetende dat ek `n helse ondersteuningstelsel het en `n paar vriendinne/mammas wat ek op speed dial kan hou. Ek haal my hoed af vir julle, dames! Dankie dat julle ons nuwe outjies (skaam, vreemd en onkundig) onder die vlerk neem en al julle kennis en ondervinding deel. Julle is awesome verby!!!!


3 comments:

Unknown said...

Aneli, I am really enjoying your blog and cant help but get caught up in the build up and excitement to when you bring your baby home. I have wanted to post a comment before but was too shy because I would be the first one! But I couldn't resist commenting on this particular post because I had a similar list to u! Most of which never transpired, with my son (12 months). ( I love the dummy, the beads, the purity, ended up hating the pampers. And will never use Johnson's because of their animal testing policy). I have another "list" though for my second child....it only has one thing on it and that is "forget what I want...Baby, you're in charge" :)

Aneli Gerber said...

Hallo Lisle!


This is sooooo cool! Thank you for leaving a comment, I feel like a bit of a celeb now:)

We just got back from more adoption sessions and things and the end is in sight!
My hubby is so excited he just wants to put up the cot now:)

Thank you for letting me know about the animal testing thing! I will definitely boikot this and alter the list!

Are you also adopting or are you expecting your little one naturally? Please share your story!

I think adoptive moms are so special and I love that they connect and and share online, it means the world to me. Take care!!!!

Unknown said...

:) No my son (and his sister to be) are blessings granted to me with a little "help". I got involved in all the adoption blogs because I helped my cousin find his birth mom. It turned out to be a wonderfull and fulfilling journey. I have massive respect for Birth moms and the amazing people who adopt....... That's why I am so excited for you! Ps. Love Sussies cot (and the fact that u got Kobus to build it) You have inspired me to try and make my very boring baby room into something pretty. I don't even have anything pink..... :(