Saturday 23 June 2012

Die einde is in sig, amper...

Hierdie week het ons TWEE belangrike oproepe gekry. Die een van die maatskaplike werker om ons tuisbesoek te bevestig en die ander een wat die datum van ons paneelonderhoud bevestig. Dit is vir my twee groot mylpale want die einde is nou in sig. Einde volgende maand is ons amptelik "swanger" en dan is die helfde van die wagtyd verby. Eintlik is dit dan eers die begin van die amptelike wag periode maar ek dink aan myself as `n optimis!

Dit voel vir my alles begin nou saamspan vir hierdie  "geboorte". Die rekeninge is klaar betaal hierdie maand, die kredietkaarte kom mooi af alhoewel hulle weer uitgemax gaan word vir daardie pram en karstoeltjie.Dalk is dit meer `n gevoel as ietsie anders of dalk is dit net my verbeelding omdat ek dit so graag wil glo. Maar dinge voel vir my reg, vir die eerste keer in baie maande.

Geen groot opwinding in die retail departement nie.
Absoluut geen vordering met die babakamer nie.
Talle idees, dinge om te doen lysies en projekte in my kop maar geen tydlyn nie.
Dalk is dit die weer wat maak dat ek bietjie stadiger as gewoonlik is.......

No comments: