Sunday 8 July 2012

Hoe lekker is dit om babagoed te koop?

Dit is ongelooflik lekker!!!
Ek het nog altyd geroem daarop dat ek nie `n shopping diva is nie en dat ek baie beter dinge het om te doen as om in `n mall rond te hang.....
Wel nie meer nie, en ek is ook nie alleen nie!

Tussen my en Kobus kry ons deesdae wonderbaarlik (enige) redes, goed of sleg, om winkels toe te gaan. En ons LOVE dit! Kobus is net so erg soos ek. Gister toe besluit ons ons gaan net gou Woollies toe om hierdie baie cute ballerina pakkie te gaan koop waaroor ek nou al weke lank "nag". En o wee daar stap ons met `n sak goed uit!

Ek dink dit is dan nou ook gepas om `n paar artikels te deel ;D






Ons het verlede week nogals baie goedjies gekoop en die lysie raak al hoe korter. Ons nog in limbo oor die pram want ons kan net nie almal se advies sif en by `n antwoord uit kom nie. Pram koop is baie erger as kar koop vir ons.

So bring dit my nou by `n netelige puntjie; ek het nog nie `n baba nie. Ek het `n kas vol babagoed en geen babakie nie!! So getrou aan my aard besluit ek om ons maatskaplike werker `n reminder te stuur.

Sent: Friday, July 06, 2012 1:25 PM

Subject: Halloooo daar! Dit is die Gerbers!!


Hallo ______, (naam weerhou:)


Ek val net gou in om te sĂȘ:

HALLO! Hoop dit gaan goed met jou!


EN


Ek het `n kas vol goeters vir Sussie en sy kan maar kom!

Moenie my vergeet nie, ek wil `n mamma wees.


Lekker naweek!

Aneli (Kobus dink ek is orig om jou so te pla, ma jy verstaan mos:)


en dit was die reply

Helllloooooooooo ,

Dis reg berei maar voor, want op 'n dag gaan sy haar opwagting maak. Sien julle mos darem een van die dae.

Lekker koud hier.....julle moet lekker naweek hou. Belowe om julle nie te vergeet nie. Dis regtig klaar op bestelling na die hemel se creche deur gegee en nou wag ons vir die regte tyd vir aflewering!
END

Ek het hierdie e-pos omtrent uitmekaar getrek vir ENIGE vorm van `n belofte maar ek moet erken. Dit is `n meesterstuk en ek is niks wyser nie. Ek is egter nog twee dae nader aan die dag wat ek haar gaan kry en elke aand as die son sak en die son kom op dan is dit nog een klein stappie nader aan ons apie se groot dag!

So ons put genot uit die kopery en alles word nog steeds in die kas gepak, want ek gaan iets nodig he om my besig te hou daardie paar dae wat ons gaan wag om haar te gaan haal. Ek surf nog steeds ure lank die internet op soek na die vriendelikste uile en bedlampies en daardie spesifieke mat wat ek soek wat my ontwyk! Alles in die groot geloof dat Sussie oppad is.

No comments: