Thursday 12 July 2012

Huisbesoek & Doeke

Vandag het ek `n huge emosionele selfvertroue mylpaal behaal!
Ek het die eerste weggooidoeke gekoop!!!! Ek het `n PicknPay special raakgesien, `n SOS na Lizaan toe gegooi en voila "koop!!!!!!!!" het oor die lugweë teruggekom. Ek is dadelik winkel toe!
So vannaand, in Sussie se kas, is 1x Pampers No2 en 2x Pampers No3 - dit is al wat ons kan bekostig hierdie tyd van die maand:)

Gisteraand het ek ietwat van `n meltdown gehad. My niggie het haar tweede bulletjie in die wêreld gebring en daar was soveel opgewondenheid, algehele aanvaarding en ouma/oupa trots. Los net so ietwat van `n slegte smakie omdat ek weet my eie engeltjie word nog nie met dieselfde trots en opgewondenheid afgewag nie. Anyway met tyd kom raad.

So Saterdag kom die maatskaplike werker en ek is op skedule! Die wasmasjien is vannaand skoongemaak (meer oor ek dit al LANKAL moes gedoen het) maar siende dat ek nou aan die gang is en goed spoed gevang het is hy nou silwerskoon en tot die pype blink. Môre kom Lucy haar magic werk. Thomas en die vensterwassers moes ek kanselleer want hulle voorspel hectic reën en vloede, so hierdie baywindows staan geen kans nie! Die beskuit is besig om uit te droog en die spaarkamer lyk of `n wasgoed tornado die plek getref het want elke lappie en madjie is gewas en veg teen die nat Kaapse weer om droog te word.

Nog net twee dae en nog `n groot aanneming mylpaal is bereik en is ons soveel nader aan daardie nasionale register en Sussie se koms. Tik Tok Tik Tok .......

1 comment:

Lilo said...

Oooooooweeeee this is all very very exciting.