Saturday 28 July 2012

Die magic van `n +

Die voorreg om op `n stokkie te kan weewee en `n resultaat te sien is seker een van daardie seldsame dinge wat altyd `n heftige reaksie sal ontlok, hetsy die uitslag. Dink mooi daaraan .... daar is regtig min dinge in die lewe wat `n guaranteed reaksie gaan ontlok soos `n swangerskapstoets.

Partykeer is daar `n baie ongevraagde, helder + wat dadelik verskyn sonder dat jy hoef te wag. `n Duidelike + wat paniek, verwarring en algehele chaos veroorsaak. Wanneer jy nie weet hoe de hel dit gebeur het nie maar actually as jy mooi gaan dink dan weet jy presies hoe en waar die flop gestrike is. Dan is die trane nie van totale en algehele geluk nie maar dan is die + `n kruis oor jou lewe wat alles verander en jou perfek beplande toekoms in chaos dompel.

Ander kere is daar die afwesigheid van `n +

Maande en jare se afwesigheid van `n + wat maak dat jy later nie eens meer moeite doen om op die stokkie te weewee nie want wat is die use daarvan. Nee, dit is nie heeltemal waar nie .... want elke keer as jy laat is en jy worstel die 3 dae om voordat jy jouself oortuig dat jy al die simptome het en hierdie keer regtig swanger voel, doen jy daardie toetsie. Dan wag jy 15 minute al weet jy dit neem net 2. Dan los jy hom nog in jou kas vir `n verdere 12 ure net om seker te maak.

Die ergste soort is egter....

Soms is daar so `n vae, onduidelike suggestie van ietsie wat dalk `n + kan word binne `n paar dae. Dit is `, potensiele + in wording. Daardie soort gee hoop en dan veroorloof jy jouself om te droom en om te loer na die babagoedjies wat jy al so lank vermy. En dan, as jou period kom soos wat hy ALTYD eventually kom, dan bring dit ook die seerste trane. Daardie groot, ronde krokodil soort wat so baie seer maak.

Maar dit is nie waar dit ophou nie.....

Daar is ook die soort +`e wat vir jou vriendinne, sussies, skoonsussies en niggies kom. Daardie wat sonder moeite kom, meer as een keer. Daardie wat kom sonder dat hulle dit beplan het, wat vinniger kom as wat hulle gedink het, die wat kom al is die pil nog in die bloedstroom, ander wat kom a.g.v antibiotika - daar is so baie redes hoekom +`e so vinnig vir ander vroue rondom jou kom. Reaction guaranteed, and it never fails.

Dan maak jy al die regte geluide, giggel en wens geluk. Jy is die toonbeeld van die perfekte vriendin, suster, niggie. Maar wanneer jy die foon dooddruk dan kom daardie krokodil trane, daardie soort wat so baie seer maak en jy huil.....nie omdat jy nie absoluut oorstelp is vir jou vriendin, sussie of niggie nie maar omdat jy lankal nie meer op `n stokkie hoef te weewee nie. Die besluit is vir jou geneem deur die hoër hand. Jy stap `n ander pad na moederskap wat nie `n stokkie insluit nie.

No comments: