Sunday 20 May 2012

Sussie se kas

Ek het eindelik so stadigaan al die goedjies wat ek so sorgvuldig weggesteek het gaan uithaal en in sussie se kas gaan pak. Daar is `n teddie van Lalindei en Kobus se giggel koei, daar is Inneke se teddie en die cuteste unicorn hardsak wat kobus vir my gegee het met my eerste verjaarsdag saam met hom. En daar is die mooiste hekel rand waslappie vat ek by `Ant Ria gekry het many moons ago. Melanie het ook vir haar `n baie cute babygrow gekoop en dit is ook ini kas in.

Ons het Mall toe gegaan met die uitsluitlike doel om `n storm los te shop maar toe ons al die goed sien toe raak ons nogals chicken en koop niks. Hoe groot gaan sy wees, watter groote skoene gaan sy dra as ek haar kry, is dit `n winter baba of `n somer baba? Die goed is so duur jy wil nie koop en dan moet jy omruil of dit glad nie kan gebruik nie.
Ek het darem die mooiste pop rokkie vir haar gekoop sodat ek nie met absoluut niks moet huis toe gaan nie. Mariette het die stunningste diva outfit vir sussie gekry wat uit Singapoer kom en ek sien `n diva in the making! Ons almal word magneties aangetrek na dieselfde elemente; vere, blieng, sequens, linte en organza. Ek het my hart verloor op `n paar pers cowboy bootse wat net te diva vir woorde was. Hel dit was cute en ek sien so vir sussie in skinny jeans en daai boots. Alles in size petite.
Kobus is glad nie ver agter nie en shop net so lekker vir sussie, hy het nogals goeie smaak vir `n man en ek kan sien sussie gaan `n great ally he in haar pa.

Ek het darem deur alles weer eens voor Reggies gaan vasteek om na die Ferrari karstoeltjie te kyk. Ek love daai nommer kwaai en ek drewl al oor hom nog laaaaank voor ons met die proses begin het. Enige iets Ferrari is vir my cool en die Jeep nommers bly nie ver agter nie. Met tyd kom raad en ek sal maar net getrou moet teruggaan winkels toe totdat en my vrese oorwin het en met vrymoedigheid `n storm kan loskoop.

No comments: