Sunday 27 May 2012

Ons het `n tema!!!

Dit is amazing as iets net kliek...ek het die naweek ge-kliek! Die hele tyd wonder ek wat ek met sussie se kamer gaan aanvang en daar in Mr. Price Home (nie baie fabulous nie, ek weet!) kry ek my inspirasie! So hier is die amptelike tema: Biggie Best laslappie in engelse roostuin skakerings, met uile!


So nou is ek op `n mission en google ek al die hele naweek vir alle vorme van inspirasie. Ek gaan self `n paar uile maak vir haar bed se linne en leer nou op youtube die aplieksteke. Ek het `n nuwe mission en is baie in my skik. Net môre gaan ek naaldwerk winkel toe gaan vir al my toebehore. Kan nie wag om te begin nie, gaan soooooo stunningly klassiek wees. Watch this space!!!


No comments: