Friday 25 May 2012

Om onvoorwaardelik lief te hê

Wat beteken dit om onvoorwaardelik lief te hê? Is daar nog so iets in die moderne era?
Om sonder voorbehoud iets of iemand te aanvaar en lief te hê is myns insiens die perfekte beskrywing maar bestaan dit nog? Dit voel so vir my dat dinge net met voorbehoud aanvaar en selfs geliefd is en dat daar nie `n standaard vir hierdie liefde of aanvaarding is nie maar dit eerder "in the eye of the beholder" is.

Is jy net geliefd of bemind as jy aan sekere voorwaardes voldoen? As jy presies doen wat die ander persoon van jou verwag of as jou optrede binne hulle verwysings raamwerk val? Wanneer troebel die eie ek jou kapasiteit om onvoorwaardelik lief te hê of is dit net `n te kort aan wilskrag om jou horisonne te verbreed en om waarlik braaf te wees om jou eie vooroordele ter syde te stel om iemand anders onvoorwaardelik te aanvaar en lief te hê?

Op die vooraand van ouerskap bid ek vir die krag en vermoë om my dogtertjie onvoorwaardelik lief te hê. Al stem ek nie saam met haar besluite nie bid ek vir die krag om braaf te wees om haar sonder voorbehoud lief te hê en te ondersteun en deur my eie gedrag `n voorbeeld te wees van iemand wat sonder voorbehoud lief het en aanvaar. Mag ek met die Vader se genade vir haar leer van reg en verkeerd en glo dat sy haar pad met selfvertoue sal stap en dat ek altyd haar geluk voor myne sal stel.

No comments: