Tuesday 1 January 2013

Ons eerste feesgety!

Wat `n wonderlike feesgety was dit nie vir ons nie. Soveel eerstes vir ons as familie en as gesin.

Sussie ontmoet vir Oupa, Ouma & Ouma Grootjie!

Hoe wonderlik was dit nie om vir ouma en oupa vir die eerste keer aan Janke voor te stel nie. En hoe ongelooflik was die vreugde nie toe hulle hulle harte dadelik week raak vir my kind en haar as engelkind aanneem nie. Sy is omtrent bederf en natuurlik kon Pappa en Mamma niks regdoen nie! Ouma het elke oggend deur die venster geloer om te sien of susgoed wakker is sodat sy by hulle kan kom speel en gesels. Janke het natuurlik die charm krane wawyd oopgedraai en Oupa reg om haar klein pinkie gedraai! Ouma Anna was natuurlik die enigste een wat Sussa kon laat kraai van die lag. Ons sukkel ons as af om haar te laat giggel en ouma kyk net vir haar dan bars die laggies oor die hele gesiggie.

Kersfees as `n gesin
Verlede jaar toe ek die honde/kat kinders se geskenkkaartjies geskryf het het ek so gehuil omdat ek nie geweet het of ek ooit my eie kindjie se geskenk kaartjie sal kan skryf nie. `n Jaar later word ek so geseën dat ek `n hele hoop kaartjies kon skryf! Sussa het die oulikste geskenke gekry! Sy sal nie dadelik met al die poppe en speelgoed kan speel nie maar dit lyk soooo oulik in haar kamer! Janke het net drie geskenke oopgemaak toe is die oomblik te veel vir haar en toe wil sy gaan slapies. Mamma het dit so geniet om al haar geskenke namens haar oop te maak! Was weer pure kind!

Sussie het so oulik die geskenke oopgemaak. Die vrolike papier het dadelik haar aandag getrek en sy het ywerig geskeur en gekyk. Mamma het alles met die video kamera afgeneem en die een traan na die ander afgevee. Hoe groot kan die dankbaar heid in `n mens se hart wees vir die voorreg of vir hierdie engel lief te wees?


Janke was natuurlik aangetrek in haar beste rokke vir die groot geleentheid! Sy het `n uitrusting gehad vir Kersvader se koms en vir die groot familie ete op Kersdag! Kan nie sê dat sy die rokke vreeslik geniet het nie...die kant en net was meer in die mond as rondom die enkels. Oupa het die aantrekkery vreeslik geniet en heerlik gelag vir Susgoed as sy haar "grand entrance" elke keer maak. Die arme kind is so baie afgeneem daardie twee dae. Haar ogies moes so moeg gewees het van die kamera se flitsliggie.....

 
Maak nie saak wie kom kuier het nie, Sussa het dadelik in hulle harte gespring en almal oorrompel met haar glimlaggie en liefdetjies. Ek is so trots op my kind. Sy is net eenvoudig fantasties! So cute en gee net vir almal  glimlaggies en gesels dat die spoeg so spat!

Daar is egter nog een fototjie wat ek net moet oplaai!

Sussie ontspan langs die swembad saam met oupa!

2 comments:

Anonymous said...

Hi Aneli, dis sulke pragtige woorde wat so mooi beskryf hoe so 'n Klein mensie soveel geluk oor 'n familie kan bring! Dit sowaar 'n voorreg om 'n Mamma te kan wees vir enige Klein mensie. Hulle gee net liefde elke oomblik van die dag. Pas haar mooi op en geniet elke oomblik saam! My Klein prinses word 1 jaar oud binne die volg'e 5 dae en sy is kosbaar, elke oomblik en daad werd, vol liefde van ons Skepper! Groete en hou asb aan met skryf op die blog, dis so mooi!

Anonymous said...

Groete, Dorie