Friday 25 January 2013

Die engele van bo!

Ek het al vantevore ge-blog oor die engele wat oor ons pad kom maar die Vader het nog `n mense engel vir my gestuur in die vorm van Juna. Juna het op die mees amazingste manier in ons lewens beland (weereens die Here wat ons paaie laat kruis as deel van die groter plan) en ek dank Hom elke dag vir hierdie groot blessing.

Juna is Janke se assistent! Elke diva moet mos `n PA hê....
Ek kon nie vir `n beter, meer perfekte au pair gevra het nie! My kind is so gelukkig en tevrede by Tannie Juna en dit maak my hart so bly. So saam saam leer hulle mekaar ken - eintlik leer sy Janke se grille en geite ken - en net ek en Kobus kan liewer vir haar wees as Juna.

So hier is nog `n gebed in my hart:
"Liewe Vader, dankie vir engel Juna! Dankie dat sy so mooi na my kind kyk en so saggies met haar werk. Seën haar en Janke sodat hulle altyd veilig sal wees by die huis. Amen"

No comments: