Sunday 10 February 2013

Moederskamers!

WAARSKUWING!!
Hier kom nou `n groot bitch sessie!!

My idee van `n moederskamer in die kerk is `n plek waar die kindertjies/babas nie op stoele hoef te sit nie en kan speel met die sagte speelgoed wat mamma inpak, vir die tannie agter haar kan kyk en haar bottel kan drink sonder dat mamma op haar senuwees raak oor sussie slurp en burb.

Ek was so verkeerd!

Dit is `n samekoms vir lui ouers met amper tiener kinders wat nie geleer het dat `n kerk nie `n speelgroep is nie. Dit verbaas my elke week hoe die betrokke ouers aandagtig na die preek kan luister terwyl haar kind die plek afbreek en dit almal irriteer behalwe vir die gegewe ouerpaar. Die kinders het ook nie geleer om stil te bly nie, nee hulle het `n volskaalse gesprek met mekaar aan die gang en rand elke nou en dan mekaar aan vir een of ander speelding.

Dit bring my by dievolgende euwel - speelgoed - wie het besluit `n zilofoon is `n great idee vir `n moederskamer? Net mooi elke speelding in die oulike twee kratte maak een of ander geluid. Mis ek iets????
En glo my die derduiweltjies lees nie die ton boeke op die rak nie, o nee hulle basuin dit uit soos die skares wat van ouds Jerigo se mure moes laat tuimel.

Ek gaan met die mooiste voorneme vir my siel om rus te kry sodat ek met my Skepper kan praat maar meantime sit en dien ek die duiwel en beplan ten minste twee moorde! Eish! Het mense nie meer maniere nie? Hoe selfsugtig kan hulle wees? Of is ek net preuts en agter die tyd.
Dalk moet ek maar met sussie in die kerk gaan sit en ook maak of ek blind en doof is - ten minste kan ek die diens geniet al kan niemand anders nie..........

No comments: