Daar is nog nie heeltemal `n slaaproetine in die huis nie. Dit is meer die geval van "loosely based on a true story". Sussie slaap soos en wanneer sy vaak raak en geen aanmoediging van my af laat haar van haar intensie afwyk nie. Is dit `n teken? Al wat ons weet is dat sy in die nag definitief slaap, die res is `n verassing!Die naweek het sy die res van die Gerber familie en van ons vriende ontmoet. Ek was so trots op my dogter. Sy was die mooiste, vriendelikste dogtertjie en nie een keer het sy moeilik geraak met al die hande wat vashou, die eindelose gekielie en al die geraas nie. Sy het almal omgeklits met daardie sonskyn glimlag en gesels met ieder en elk. Mamma was natuurlik reg met `n arsenaal klere en elke uitrusting was ouliker as die ander. Haar tas was die helfde van die kattebak! Nodeloos om te noem dat Sussa die hele 400 km huis toe geslaap het!
Kattie het eindelik vrede gemaak met die vreemde wese wat sy slaaf gesteel het en het eindelik teruggetrek huis toe en homself verwerdig om weer ons bed met haar te deel. Hy was vreeslik ontsteld oor haar koms en het drie weke lank onder `n bos in die tuin gebly en net kom eet wanneer dit stil was in die huis. Ons is dankbaar dat hy oor homself is.
No comments:
Post a Comment