Sunday 5 May 2013

Moedersdag

Vir `n hele paar jaar het ek Moedersdag omgeslaap want dit was net nie MY dag nie, letterlik en figuurlik nie my dag nie! En hier is 2013 en my eerste Moedersdag is `n week weg .....en ek is besig om my tas te pak - vir Durban.....my werk neem my weg op die belangrikste dag van MY jaar vir die belangrikse week van HULLE jaar.

My hart breek, my hart rebelleer en my hart huil groot krokodil trane. Ek het nie eens die hoop van volgende jaar nie want vir elke jaar hierna wat ek vir hierdie maatskappy werk gaan ek in Durban wees op MY groot dag.

Maar wat is in `n dag?
Wat aan moedersdag maak dat dit vir my belangrik is?

Is dit omdat ek actually een is - uiteindelik - of omdat ek ook nou deel is van die moedersklub?
Kan aangenome moeders nie hulle eie dag kry nie? Een wat nie in die middel van Indaba is nie?

Hoekom ek vir my eie mamma lief is .......

No comments: