Wednesday 26 September 2012

Janke se Beskermer

Kattie het `n vreeslike voorliefde vir Sussie se kamer ontwikkel (seker omdat dit stil is daar en die honde verban is uit haar kamer). As die sonnetjie skyn is hy op die mat en enige ander tyd lekker knus in die kot. Ek moes sussie se duvet uithaal want hy slaap hom so deurmekaar en vol hare. Ek wonder of hy nog daar gaan slaap as `n bondeltjie bene en arms dit met hom deel.



No comments: