`n Dametjie wat ek deur hierdie blog ontmoet het, het vir my so `n mooi beskrywing gegee van ons wagtydperk. Sy sê dit is soos om `n pienk porche te hê met die mooiste wit bekleedsels maar hy het nie wiele nie. Elke dag klim jy in hom, vryf met jou hand oor die leer maar jy kan hom nie ry nie. Dit is so waar....al die mooi babagoed en geen wriemelende lyfie nie!
Ek is bly om te sê sy het gister haar pragtige prinses huis toe geneem en ek is muf om die minste te sê!!
Toe lees ek gister nog `n great blog oor die profielle wat ons oor onsself beskikbaar stel en oor die biologiese mamma wat daarna kyk. Dit is soos `n police lineup. Die mamma sien ons almal se profiele net soos sy deur `n eenrigting glas na ons sou kyk en dan kies sy haar ouers. En al wat ons sien is `n paartjie wat huis toe gaan met `n engeltjie terwyl ons nog voor/agter die glas staan. Jy weet nooit hoekom jy nie gekies is nie (anders as met `n regte lineup:) Daar is absoluut geen terugvoer nie. Dit is daardie verwerping in die LO klas op skool weer van voor af. Ten minste was die LO klas net `n uur so jou verwerping was van korte duur. Hoe populêr moet mens voorkom om `n babatjie te kry?
Toe ek ons profiel gedoen het het ek die mooiste fotos gekies waar ons die maerste, gelukkigste, mees talentvolste en suksesvol gelyk het. Die mooiste, kleurvolste fotos. Die honde en kat se cuteste fotos is daar in. As ek `n mamma was sou ek ons dadelik tussen die bondel uitgekies het. Daar sou nie eens `n ander opsie/paartjie vir my gewees het nie. Maar nou is dit nie ek nie. En dalk is ek nie maer genoeg of is die honde nie oulik genoeg vir haar en haar engeltjie nie. Dalk lyk ek tè happy of dalk haat sy troeteldiere of dalk hou sy nie van kamp nie. Wie gaan ooit weet?
Die ergste van alles is dat ek geen beheer het hieroor nie. So al wat ek kan doen is om geduldig my tyd af te wag in/saam met die lang ry van afwagtende ouers en hoop dat èrens agter die glas is `n mamma wat die meeste van ons hou.
No comments:
Post a Comment