Friday 22 January 2016

Die stryd tussen die hart en die verstand!

Ai, die stryd tussen die hart en die verstand is `n tameletjie.
Die hart verlang en die verstand waarsku...

Dan is die hart ook nog in twee geskeur...
Hoe kan ek na `n babatjie verlang as ek reeds die mees amazing dogtertjie het wat my hele hart in haar handjie hou?

Ek tog verlang ek na `n nuwe, warm lyfie met groot ogies vol vertroue wat ek styf teen my hart kan vashou. Sy het reeds `n naam en `n oupa & ouma wat uitsien na haar koms, sy het `n Pinterest file vol fotos van hoe haar kamer gaan lyk en tog kan ek nie myself so ver kry om vir haar `n rokkie te koop nie. `n Rokkie wat ek in my kas kan bêre en kan uithaal as ek te veel verlang.

Die verstand vertel vir my van al die dinge wat nog kan skeefloop en die duiwel cheer luidkeels aan. Daar KAN nog soveel dinge verkeerd loop en tog is daar `n klein deeltjie in my verstand en `n hart vol geloof dat Anya oppad is en dat ek haar een van die dae gaan haal ... en vir ewig vashou....

No comments: