Wednesday, 25 April 2012

Angels in my Life

On this journey God had send me two very real angels to walk with us. They can not be described as friends, they are too special and go way beyond the call of friendship duty.

To Saskia and Del...

Thank you for listening, for wiping away the tears and fears, thank you for the reality checks and putting things in perspective when I have lost it all. Thank you for coping with the mood swings and thank you for always having the right words.

Sas, thank you for all the tips and looooooong emails. Thank you for being such an awesome person that really gets me and understands how my brain works when I have given up all hope of figuring it all out.

Del, thank you for sharing your story and pictures with me and helping me see things from a completely different angle. You are a blessing to us and now we really know why you came to work at this dealership.

Most of all, thank you Lord for blessing us (and our baby to come) with such awesome friends who truly care. May we someday be able to return the favor and be there for them the way they are for us!

Sunday, 22 April 2012

Die reis begin!


Op 22 Maart 2012 het ons reis na `n eie gesinnetjie begin. Maande se wik en weeg en bid het eindellik in `n doelgerigte besluit verander. As ons dan nou nie self `n babatjie kan maak nie dan gaan ons enetjie aanneem.

Procare is ons gekose aannemingagenskap en ons het ons eerste oriëntasieonderhoud op die 11de Mei 2012. Vandag is dit presies `n maand vandat ek die aansoek vir die agentskap gestuur het en die gewag is oneinding lank. 

Na drie jaar se probeer om natuurlik swanger te raak het ons besef ietsie is fout en het by Dr. Shuda om hulp aangeklop. Na `n mislukte kunsmatige insimminasie en `n ovulasielose tweede siklus kon ek net nie meer voortgaan nie. Dit was so onnatuurlik, stresvol en holderstebolder en ek was glad nie voorbereid vir al die emosies, trane en gevoelens van mislukking nie. Jy bid en glo en vra so mooi en dan gebeur dit nie en jy wonder HOEKOM, ander mense, selfs slegte mense kry elke dag baie kinders, hoekom kan jy wat jouself as `n goeie mens beskou nie jou eie kindjie kry nie?????

Ek het my kop `n `n gat gedruk vir `n paar maande, maar die hunkering het gebly en na kersfees het ek net weereens besef ek wil `n dogtertjie, enige dogtertjie wat myne is, so graag vashou. In Edgars van alle plekke het ek so fraai frilletjie rokkie omhoog gehou en vir Kobus gesê; "Ek wil `n baba aanneem"

Super duper cool het hy die groenlig gegee en dievogende dag was die aansoek oppad. Kobus is so `n ongelooflike rots van ondersteuning, krag en liefde. Hy is die een wat my gefokus hou en as ek dwaal weer op die geloofspad terug stuur. Party dae moet hy aanpraat en streng wees en ander dae hou hy net vas en vee die trane af. Prys die Here vir hierdie engel wat reeds in my lewe is.

Nou is die groot gewag en baie onsekerheid aan die orde van die dag. Ek lees baie blogs, forums en artikels op die internet en soms raak al die inligting en menings net te veel vir my en dan gaan soek ek vir my `n emosionele grot om in weg te kruip. Mense het nogal baie sterk menings oor aanneming en trans-kulturele aannemings is nog so vaag in ons bestaan. My ouers weet nog nie, gaan self vir hulle vertel as ek die langnaweek huis toe gaan. Al wat ek verseker weet is dat ek nooit enige mens sal toelaat om daai bondeltjie engel seer te maak met hulle woorde en wanopvattings nie. 

Ek self het baie vrese en vrae. Hoe gaan sy lyk, watter kleur/ras gaan sy wees, in watter omstandighede het sy in die wereld gekom, gaan ek `n goeie mamma wees, gaan my familie en vriende haar aanvaar? As jy jou eie babatjie verwag het jy reeds talle vrese, maar jy het soveel meer as jy vir `n onbekende bondeltjie van iemand anders wag. Wanneer jy in swart op wit jou voorkeure moet vaspen is die gedagte vreesaanjaend. Watter geslag verkies jy? Hoe oud moet die kind wees? Watter ras verkies jy? Die Here weet reeds wie jou kindjie is, netnou vul ek die vorm verkeerd in en mis haar heeltemal! In hoofetters staan duidelik geskryf : “Geen wit kinders is tans beskikbaar nie!”

Ek weet nie wat die toekoms inhou of wat die Here vir ons beplan nie, al wat ek weet is dat ons onvoorwaarlik lief sal wees vir haar en haar met ons hele lewe sal beskerm. Party mammas produseer babatjies en ander mammas maak hulle groot. Daar is vir ons geen onderskeid nie. Wat ek wel weet is dat sy die heel beste gaan kry wat ek en Kobus haar kan bied. Al die liefde, geleertheid en geleenthede wat menslik moontlik is sal hare wees, maar meeste van alles sal sy elke dag weet hoe baie spesiaal sy is en hoe gelukkig haar koms ons gemaak het.