Monday, 18 March 2013

Genade en baie skaterlag oomblikke

Ek het so lanklaas geblog dat ek skoon sleg voel maar deesdae is min van my tyd my eie, so nou sit ek by die werk en blog soos `n goeie werknemer betaam....

Janke se hofbevel het ge-arriveer so nou is sy amptelik en offisieel ons eie kindjie. Die datum stempel op die brief wys 31 Januarie 2013. Ons is in die proses om haar naam en van te laat verander. Daar gaan `n groot makietie wees as ons hierdie proses afgehandel het.

Sussa is op die 3de Maart gedoop in die NG Moedergemeente Wellington deur Ds. Lettie Buchner. Dit was so `n mooi geleentheid en daar was blykbaar baie trane orals in die kerk. Ek het alles gemis, weet nie hoe nie  maar daardie dag was so deurmekaar dat ek min dinge waargeneem het wat nie met `n koek of `n koffiekoppie te doen gehad het nie. Janke Marjolein Gerber is voorgestel aan die gemeente en susgoed het klaar baie harte gesteel. Ons het heerlik gekuier saam met die familie en vriende wat van vêr gekom het en ons is so dankbaar dat hulle almal ons lewe deel.

Gedurende ons doopgesprek het Ds. Lettie so mooi van Janke se biologiese ouers gepraat en haar toe in gebed aan die Vader opgedra en haar vrygespreek van haar "vorige lewe" en al daardie ongekende gene en dinge wat so nou en dan oor my skouer kom loer. Ds. Lettie het verduidelik dat Janke die Vader se kind is en dat Hy haar persoonlik kom vrymaak het van haar verlede en die bande geknip het. Dit het so baie vir my beteken en van nou af spreek ek net lewe oor ons kind (en haar onaardse ge-gil). Sy bring so baie vreugde in ons lewe dat ek nie gaan toelaat dat daar `n skaduwee oor my val omdat ek die wa voor die osse span nie.

Sussie is te oulik vir woorde. Die spesiaalste tyd van die dag is as ek van die werk af kom. As Janke my sien dan is dit asof die son oor haar gesiggie opkom en dan begin sy so skop met haar voetjies en dan gooi sy haar armpies vir my om haar op te tel. Ek is mal daaroor en dan pomp die ou moederhart sommer so lekker warm.

Sy trek die snaakste gesigte. Ek lag so lekker vir haar as sy so aangaan. Soms maak sy haar ogies so snaaks, ek wens so ek kan dit afneem maar sy is so vinnig as sy haar gesig so trek. Partykeer dan gooi sy haar koppie so agteroor en dan lag sy so lekker uit haar magie uit maar daar kom geen klank uit haar mond uit nie. Dit is die weirdste ding wat ek nog gesien het. 

Janke het reeds tienermaniere. Sy lê altyd op haar een boud met haar been oor iets gedrapeer, net soos `n tiener. Of sy sitlê op haar stuitjie, dan skop sy so met haar voetjie op en af, nes `n grootmens. Sy lyk dan so snaaks want jy kan aan die hele ou lyfie sien daar is nie `n bekommernis van enige aard nie. In haar gedagtes is sy êrnes op `n tropiese eiland met `n swetterjoel slawe.

Nes `n tiener het Sussa ook haar oomblike van onredelike uitbarstings, trane, verwyte en afpersing. Sy is nou maar eers 7 maande oud. Op die oomblik dra "tande kry" die skuld. Mamma se liefde en geduld word dan baie getoets hoor want ai Susgoed kan moeilik raak Dit is in hierdie oomblikke wat pappa skoon wegraak.

Badtyd is nog steeds hoog op die prioriteitslys. Mamma hou die heel meeste van die badeendjies en ons het nou al `n verskeidenheid. Dit is so cute as hulle so rond dobber. Die beste deel van bad is daardie lekker vet ou lyfie en boude wat ek net wil hap so oulik is hulle. As jy daai klere uit het is Sussa sommer stuitig en as die doek eers waai dan is sussie op haar gelukkigste. Maar daardie ou lyfie wat so lekker sag is maak my hart week.

Ek kan nie glo ons lewe het so verander maar tog ook so maklik aangegaan nie. Ek wil graag vir drie dae aanmekaar slaap en tog weet ek nie wat ek ooit met al my tyd gemaak het nie. Partyaande is ek voor Janke al aan die slaap en tog slaap sy deur. Ag ek kla sommer nou met `n witbrood onder die arm. Ek verruil my mamma status vir niks nie. Ek love dit!

Sunday, 10 February 2013

Monthly baby bump pictures

Somewhere this week I found some miracle time to surf the net, catch up on my favourite blogs and do the Facebook thing. Somehow I landed on a friend`s page and started browsing her pictures. There they were, the album with the baby bump pictures.......

I think there must have been a picture for every one of the 40 weeks that she was pregnant, at every angle a bump can be photographed. While I browsed through them I thought to myself.....I am so happy I didn`t have the bump! I am truly and honestly grateful that I did not sport the bump and posed for the designer belly photo shoot. How awkward......

Is this self defence? Is this my deep inner person protecting me from something that I did not long for nor miss?

I always said that I am so happy that I never got to be pregnant as I find it terrifying that so many things could go wrong before that precious little one is even born. I honestly found it to be the least wonderful thing of becoming a mom and somehow I always knew that I would be one of those awkward looking whales that did not glow but sported dull hair and blotchy red skin.

I do however miss never seeing a positive pregnancy test (those stick ones, saw loads of negative ones though) and I miss that I never got to feel Janke move in my belly. I think that must be the most precious thing that a mother can treasure just by herself. She never ever have to share that sensation with anyone. I miss that I did not get to have that one thing. Kobus and myself shared every single moment of the journey and I am so blessed that he was so involved but I do regret that intimate moment that I would have liked to have with my baby girl.

Weird or not, self defence or denial, whatever it is I am grateful for the manner in which I became a mom. It happened the way it was intended to be al along. I was comfortable, my hair looked great, my skin was glowing and my make up was perfectly done.

Moederskamers!

WAARSKUWING!!
Hier kom nou `n groot bitch sessie!!

My idee van `n moederskamer in die kerk is `n plek waar die kindertjies/babas nie op stoele hoef te sit nie en kan speel met die sagte speelgoed wat mamma inpak, vir die tannie agter haar kan kyk en haar bottel kan drink sonder dat mamma op haar senuwees raak oor sussie slurp en burb.

Ek was so verkeerd!

Dit is `n samekoms vir lui ouers met amper tiener kinders wat nie geleer het dat `n kerk nie `n speelgroep is nie. Dit verbaas my elke week hoe die betrokke ouers aandagtig na die preek kan luister terwyl haar kind die plek afbreek en dit almal irriteer behalwe vir die gegewe ouerpaar. Die kinders het ook nie geleer om stil te bly nie, nee hulle het `n volskaalse gesprek met mekaar aan die gang en rand elke nou en dan mekaar aan vir een of ander speelding.

Dit bring my by dievolgende euwel - speelgoed - wie het besluit `n zilofoon is `n great idee vir `n moederskamer? Net mooi elke speelding in die oulike twee kratte maak een of ander geluid. Mis ek iets????
En glo my die derduiweltjies lees nie die ton boeke op die rak nie, o nee hulle basuin dit uit soos die skares wat van ouds Jerigo se mure moes laat tuimel.

Ek gaan met die mooiste voorneme vir my siel om rus te kry sodat ek met my Skepper kan praat maar meantime sit en dien ek die duiwel en beplan ten minste twee moorde! Eish! Het mense nie meer maniere nie? Hoe selfsugtig kan hulle wees? Of is ek net preuts en agter die tyd.
Dalk moet ek maar met sussie in die kerk gaan sit en ook maak of ek blind en doof is - ten minste kan ek die diens geniet al kan niemand anders nie..........

Friday, 25 January 2013

Die engele van bo!

Ek het al vantevore ge-blog oor die engele wat oor ons pad kom maar die Vader het nog `n mense engel vir my gestuur in die vorm van Juna. Juna het op die mees amazingste manier in ons lewens beland (weereens die Here wat ons paaie laat kruis as deel van die groter plan) en ek dank Hom elke dag vir hierdie groot blessing.

Juna is Janke se assistent! Elke diva moet mos `n PA hê....
Ek kon nie vir `n beter, meer perfekte au pair gevra het nie! My kind is so gelukkig en tevrede by Tannie Juna en dit maak my hart so bly. So saam saam leer hulle mekaar ken - eintlik leer sy Janke se grille en geite ken - en net ek en Kobus kan liewer vir haar wees as Juna.

So hier is nog `n gebed in my hart:
"Liewe Vader, dankie vir engel Juna! Dankie dat sy so mooi na my kind kyk en so saggies met haar werk. Seën haar en Janke sodat hulle altyd veilig sal wees by die huis. Amen"

To love more than once?

We have settled into our new roles as parents and we are beyond madly in love with our child. She is just the be all and end all in our being and I can not imagine not having her in my life! Now that the worst excitement has worn off we confront ourselves with a new challenge......

Are we going to adopt again?

At the moment we are the perfect amount of musketeers and we are a perfect circle of love. Every night when we fit so perfectly into our bathtub I feel blessed and in awe with the joy that this little circle brings into my life.Will another little body fit in too? Will four make us great musketeers too? Will I be able to love another little sole as much as I love Janke at the moment? She has my whole heart to her exclusive use and sometimes I can not breathe at the thought of how much she is part of my being. How do I multiply this? 

I am sure every parent has these feelings and thoughts. I have been asking around and it seems that being a mom is exactly that .... to have the capacity to love (with the same intensity) all of her children equally. Feels completely foreign to me!

So as we move forward the question remain ... are we going to add to our family?
I am moving this to my prayer list because I have no clue. Every day I feel amazed by the new things that motherhood brings to me and how I cope (or don`t cope) with it. Things that I never imagined to feature in my life and conversations I never imagined I would have. The funny things that I now google and the books that I read....

So here is my prayer:
"Dear Lord, you know what is best for me and our family. You have laid out our destiny and you have given us Your prize possession, Janke. Thank you for the way you collide paths to bring us our heart`s desire. Please take our hands and guide us into the future we do not know the outcome of. When the time comes for us to add to our family we will know that it is Your doing and that this process will be as blessed as the first one was. We thank you for our blessing, Janke, and we trust you to do what is best for us! Amen"

Tuesday, 1 January 2013

Ons eerste feesgety!

Wat `n wonderlike feesgety was dit nie vir ons nie. Soveel eerstes vir ons as familie en as gesin.

Sussie ontmoet vir Oupa, Ouma & Ouma Grootjie!

Hoe wonderlik was dit nie om vir ouma en oupa vir die eerste keer aan Janke voor te stel nie. En hoe ongelooflik was die vreugde nie toe hulle hulle harte dadelik week raak vir my kind en haar as engelkind aanneem nie. Sy is omtrent bederf en natuurlik kon Pappa en Mamma niks regdoen nie! Ouma het elke oggend deur die venster geloer om te sien of susgoed wakker is sodat sy by hulle kan kom speel en gesels. Janke het natuurlik die charm krane wawyd oopgedraai en Oupa reg om haar klein pinkie gedraai! Ouma Anna was natuurlik die enigste een wat Sussa kon laat kraai van die lag. Ons sukkel ons as af om haar te laat giggel en ouma kyk net vir haar dan bars die laggies oor die hele gesiggie.

Kersfees as `n gesin
Verlede jaar toe ek die honde/kat kinders se geskenkkaartjies geskryf het het ek so gehuil omdat ek nie geweet het of ek ooit my eie kindjie se geskenk kaartjie sal kan skryf nie. `n Jaar later word ek so geseën dat ek `n hele hoop kaartjies kon skryf! Sussa het die oulikste geskenke gekry! Sy sal nie dadelik met al die poppe en speelgoed kan speel nie maar dit lyk soooo oulik in haar kamer! Janke het net drie geskenke oopgemaak toe is die oomblik te veel vir haar en toe wil sy gaan slapies. Mamma het dit so geniet om al haar geskenke namens haar oop te maak! Was weer pure kind!

Sussie het so oulik die geskenke oopgemaak. Die vrolike papier het dadelik haar aandag getrek en sy het ywerig geskeur en gekyk. Mamma het alles met die video kamera afgeneem en die een traan na die ander afgevee. Hoe groot kan die dankbaar heid in `n mens se hart wees vir die voorreg of vir hierdie engel lief te wees?


Janke was natuurlik aangetrek in haar beste rokke vir die groot geleentheid! Sy het `n uitrusting gehad vir Kersvader se koms en vir die groot familie ete op Kersdag! Kan nie sê dat sy die rokke vreeslik geniet het nie...die kant en net was meer in die mond as rondom die enkels. Oupa het die aantrekkery vreeslik geniet en heerlik gelag vir Susgoed as sy haar "grand entrance" elke keer maak. Die arme kind is so baie afgeneem daardie twee dae. Haar ogies moes so moeg gewees het van die kamera se flitsliggie.....

 
Maak nie saak wie kom kuier het nie, Sussa het dadelik in hulle harte gespring en almal oorrompel met haar glimlaggie en liefdetjies. Ek is so trots op my kind. Sy is net eenvoudig fantasties! So cute en gee net vir almal  glimlaggies en gesels dat die spoeg so spat!

Daar is egter nog een fototjie wat ek net moet oplaai!

Sussie ontspan langs die swembad saam met oupa!

Wednesday, 12 December 2012

Glimlaggies, voete en bubbles!

Ek vergun myself die tyd om my gunsteling forum te lees. Al die stories en aanneem mammas se opmerkings laat my net weer besef hoe ongelooflik gelukkig ek die laaste twee maande is. Werklik, diep gelukkig! Baie meer as wat ek ooit vantevore in my lewe was. Dit is `n dieper, gelukkiger geluk as wat ek ooit geken het. En as ek langs my kyk na die klein apie wat nie wil slaap nie en vir my giggel onder die kombersie uit, dan raak my hart week vir hierdie engelkind van my. Al slaap sy op weird tye.

Dit is al twee maande wat ons `n gesinnetjie is en elke dag is daar ietsie snaaks, ietsie nuuts en ietsie wat my hart  beklem. Maak nie saak of dit goed of sleg is nie maar hierdie kind van my slaan my asem weg! ELKE DAG!!

Janke doen die snaakste goed. Eers het sy haar tongetjie sy dubbeld gevou en hom gesuig. Die snaakste, aardigste geluide gemaak as sy so verwoed haar tong uitsteek en suig. Toe begin sy haar hande suig en duim ook. Klink amper of sy hulle gaan op eet. Nou spoeg en gurgle sy. Sulke groot spoeg bubbles. En moenie dink sy gaan dit doen as jy die videokamera byderhand het nie, o nee!!! Die lekkerste bubbles word geblaas met haar melk, oeg sy LOVE dit. Melk oor alles en oor die hele ou gesiggie. Orals behalwe in haar keel af.

Sy het ook `n nuwe brabbel taal. So cute. Soms verbeel ek my ek herken woordjies maar oor die algemeen is dit net die cuteste baba brabbel en musiek in my ore. Sy lag natuurlik uit haar magie uit as jy vir haar sê " Janke" "Slaap". Jy sê dit natuurlik stadig en met nadruk, so asof jy met `n gehoorgestremde praat. Sy dink dit is die snaakste grappie van alles wat mamma kwytraak!

Die spreekwoord lui dat jy jouself lam skrik, nouja ek het dit nog nooit gesien nie tot nou die oggend wat ek vir Janke per ongeluk skrik gemaak het. Sy het op my bed gelê en ek was in die kombuis besig. Toe ek die kamer inkom toe praat ek met haar en sy skrik toe so groot dat sy lettelik lam raak. Sy het haar arms so oopgegooi op die bed en haar beentjies ook. Dit was die heel snaakste ding wat ek nog OOIT gesien het.

Sy doen op die oomblik die mees spesiaalste ding. Sy sit haar handjies so op jou wange en dan gesels sy met jou of sy kyk so diep in jou oë. Joeg, geen mensehart kan dan daardie kind weerstaan nie. En as sy en pappa so diep gesels dan klop my hart so warm vir my gesin.

Onlangs het die prinses haar voete ontdek. Eers net raakgesien en toe twee dae geoefen om hulle te kan bykom en toe eindelik.....die groot oomblik....toe sy hulle in die hande kry!!! Nou is doeke omruil so `n groot plesier want susgoed gryp die voete en so lê sy oop klooster tot mamma klaar is.

Haar gunsteling liedjie is Eendjies Eendjies en maak nie saak hoe vies, vaak of verveeld sy is nie, ek kry altyd die grootste, mooiste glimlag as ek hom sing. Van sing gepraat. Sy het geen probleem met my vermoë om `n noot te hou nie. Die applous is altyd daar en die entosiasme genoeg om nog meer liedjies aan te spoor.

Sy het vandag haar hare ontdek, vryf so met haar handjie oor haar krulle. Sy het ook geleer hoe om die kombers oor haar kop te trek maar nog nie hoe om hom weer af te haal nie. So nou moet mamma nog `n groter oog gooi sodat Sus nie haarself versmoor nie. Gelukkig laat weet sy my dadelik as haar kop toegegooi word.

Sy groei ook heeltemal te vinnig! Van haar klere is al 6-9 maande. Sy het al haar 4 maande mylpale bereik en sy kan al omrol op haar sy. Tummy time is egter nog `n probleem want Sussie hou niks daarvan om op haar maag te lê behalwe as dit op haar pa se skoot in die bad is en hy haar ruggie vryf nie. Sy begin al haar bottel so onbeholpe vashou en sy weet die bottel moet in haar mond kom maar sy het geen idee hoe om dit te bewerkstellig nie. Baie snaaks!

Maar die grootste wapen van alles......
Daardie sonskyn glimlag! En sy weet so goed hoe om daardie glimlag aan en af te draai. Die spesiaalste glimlag van die dag is die een wat jy kry, vroeg in die oggend, as sy lekker geslaap het. Jy kry hom nie weer tot more oggend nie!!

Janke, my liefiekind! Mamma is baie lief vir jou!!

Wednesday, 21 November 2012

Een maand en Drie maande

Vandag is Janke drie maande oud en sy is al `n maand deel van ons gesinnetjie. Voel so vinnig en onwerklik maar dit voel ook of sy al so lank deel is van die huishouding. Die laaste maand was seker die besigste van my getroude lewe. Ek weet net nie meer waar al my tyd heengaan nie maar tog as ek my oë uitvee is dit badtyd en kort daarna is ek en Sussa uit soos kerse. Nie dat ek kla nie ;D

Daar is nog nie heeltemal `n slaaproetine in die huis nie. Dit is meer die geval van "loosely based on a true story". Sussie slaap soos en wanneer sy vaak raak en geen aanmoediging van my af laat haar van haar intensie afwyk nie. Is dit `n teken? Al wat ons weet is dat sy in die nag definitief slaap, die res is `n verassing!

Die naweek het sy die res van die Gerber familie en van ons vriende ontmoet. Ek was so trots op my dogter. Sy was die mooiste, vriendelikste dogtertjie en nie een keer het sy moeilik geraak met al die hande wat vashou, die eindelose gekielie en al die geraas nie. Sy het almal omgeklits met daardie sonskyn glimlag en gesels met ieder en elk. Mamma was natuurlik reg met `n arsenaal klere en elke uitrusting was ouliker as die ander. Haar tas was die helfde van die kattebak! Nodeloos om  te noem dat Sussa die hele 400 km huis toe geslaap het!

Janke sit al in haar bumbo sitplekkie sonder om haar nek te breek. Haar nekkie is al mooi styf en dit is vir my lekker om haar net orals rond te skuif soos wat ek werk. Sy geniet haar jungle gym geweldig en alles gaan op die oomblik mond toe.

Kattie het eindelik vrede gemaak met die vreemde wese wat sy slaaf gesteel het en het eindelik teruggetrek huis toe en homself verwerdig om weer ons bed met haar te deel. Hy was vreeslik ontsteld oor haar koms en het drie weke lank onder `n bos in die tuin gebly en net kom eet wanneer dit stil was in die huis. Ons is dankbaar dat hy oor homself is.

Monday, 12 November 2012

Ke a Leboga!

Baie baie dankie vir al die mooi mense daar buite wat my blog volg en sulke mooi boodskappe stuur. Ek het hierdie blog begin om uiting te gee aan al ons frustrasies en gelaaide emosies gedurende die aanneming en nou is dit vir my so lekker om vir Janke `n dagboek te hou van haar lewe saam met ons. Die ondersteuning en boodskappies beteken die wêreld vir my, baie baie dankie!!!

Thank you to all the people that follow my blog and leave such lovely comments. This blog started off as a venting outlet for my emotions during the adoption and now I love keeping a diary of Janke`s life. Thank you for the love and support, it means the world to me!!


Sunday, 11 November 2012

Miracles

In the last two weeks I have been a witness to small miracles. Small miracles that happens so fast that it catches you off guard and make you second guess if, in fact, you saw (and interpreted) it correctly. Like the morning when I was dressing Janke and turned around to get a facecloth from the bathroom and she rolled to her side (all by herself) or the moment when she took a swipe at her toy spider and grabbed it. Not only did she manage to grab hold of it but also to stick it in her mouth! The amazement on her face was priceless. 

Being able to see her little body grow and change is such an amazing experience. She is now growing out of her 0 - 3 month clothes and also changed to No3 nappies. Being able to finally dress her in all the funky stuff we have collected over the past months is paying huge dividends.

We also introduced Janke to her Ouma Sonja and Oupa Cobus via a skype video call for the first time. What an experience to be able to chat to ouma via the internet and witness her tears of joy when she saw her grand daughter for the first time. Technology have bridged 1400 km and brought ouma into our lounge. Never shall we be neglecting technology again!!! 

The biggest, heart warming, milestone was when we played this afternoon and she laughed from her belly for the first time. It was the most beautiful sound I have ever heard in my life. Not even when I heard my hubby say "I do" did my heart beat with so much love than what I felt for my daughter this afternoon. Can one heart be big enough for these two blessings that make my life so utterly complete?

Janke, my darling girl, I am so very grateful that the Master picked His most precious flower and gave her to me to share my life with. May you always stay the happy little girl that you are. May your laugh always come as easy and carefree as it did today and may your life be as blessed as ours when we received you!