Friday, 8 June 2012

When people talk about you

It is difficult enough to suspect/know that people are gossiping about you but that can be sorted with a good old attitude adjustment.  When 5 of the people that you trust the most have to write character references about you then it goes and sits in your clothes.

This week our references were emailed to ask for their input about us as a couple and our suitability  as adoptive parents and I hated every minute of it. It is the most awkward position to be in. Are you super duper nice to that person now or do you just ignore the subject? Do you send flowers or just a note to say thank you?
How do you let that person know how much you appreciate the time they took to help us? I`ve never been in such a position and I don`t think I handled it all that well.

Being an uber control freek I never let a precious situation in the hands of another and I never leave anything to chance so this was yet another test from the Lord and another personal hurdle for me to conquer. I leave this blog post knowing that I did not do so well this time round but that the worst is over and next time I will be better equipped or more gracious to do a better job of it.

Thursday, 7 June 2012

Stadig maar seker

Ek het nie op die oomblik die mees stresvolle werk nie, met die gevolg dat ek baie tyd het om die internet te surf en oor allerhande dinge te lees. En ek lees ure lank!!! Oor alles en nog wat!

Toe ons met die hele proses begin het was ek min gespin oor die fisiese versorging van sussie of oor wat ek gaan nodig hê om haar groot te kry. Daar was net twee dinge op my brein; cute klere en haar kamer. Ek het net aanvaar dat manlief, met al sy baie baba ondervinding, sal weet wat om te doen en ek hoef nie te wonder en te stres nie. So ek het nie.

Maar...
Die laaste twee weke of so vang ek myself dat ek voor die baba rakke staan en nie `n clue het wat ek moet koop nie. Dischem is die mees intimiderendste van almal! Het jy al die omvang van die baby wipes rak gesien?
En dit is net die baby wipes! Dan praat ons nie eens van die res van die oneindige lys van opsies nie. En doeke....ek meen daar is so baie opsies en wat is nou eintlik die verskil tussen hulle? Is die basiese doelwit nie om die weewee te vang nie? Vang een doek, regtig, die poepse beter as die ander?

So besluit ek dan dat natuurlike biologiese moeders nie meer die vyand kan wees nie want ek het raad nodig. Ek sal die nare gedagtes opsy moet skuif en vra! (Die oorsprong van die wrewel is mos maar omdat hulle kon en ek kan nie eens met hulp dit regkry nie:) Hoe stupid die vrae ook al mag wees, as ek die regte storie wil hoor sal ek ma die humble pie moet eet!

Natasha is `n mamma van `n 3ling dogters wat ook met die hulp van Dr. Shuda swanger geraak het en sy was daar vir my elke treë van my eie behandeling. So tegnies gesproke was sy nie regtig deel van vyand nie. Anyway daar pak ek die bul by die horings en twee ure later het ons sekere voorkeure. 
Hier volg;

Pampers 
Bennet`s Bum Cream
Johnson`s se Lavender Top to Toe Wash
Actually like ons nou enige Johnson`s wat `n pomperige ding het.
Angel Care Baba monitor - `n nuwe ene!
Tommy Tippee bottels
Oja en ek gaan my babaklere in wit asyn uitspoel en nie met Staysoft nie. Dit was `n nuwe een vir my!
Ek is nog 100% in denial oor setpille. Met tyd kom raad hoop ek!! 

Die verdict is egter nog uit oor `n dummy (ek haat `n dummy) en teething beads. Sussie sal blykbaar self haar voorkeur aandui. Ons gaan ook geen purity koop nie en ek het myself voorgeneem om self pampoen te kook en alles wat goed en voedsaam is vir haar. Ek meen sy beter `n voorliefde vir pampoen ontwikkel voor sy agterkom ek eet Steers crispy chippies i.p.v skorsies!

Hoewel ek nog steeds eerder babakamers, fancy dress kostuums en kinder partytjies Google is ek al baie beter toegerus vir my wagtende titel as moeder. Hoeveel te meer as jou vriendin vir jou `n gedetaileerde medisyne spreadsheet gee met alles wat jy mag nodig kry. Dit is mos nou die moeite werd om deel te word van daardie secret society van moederskap.

So bewandel ek dan nou hierdie nuwe pad, ietwat onbekend en klein bietjie skrikwekkend, wetende dat ek `n helse ondersteuningstelsel het en `n paar vriendinne/mammas wat ek op speed dial kan hou. Ek haal my hoed af vir julle, dames! Dankie dat julle ons nuwe outjies (skaam, vreemd en onkundig) onder die vlerk neem en al julle kennis en ondervinding deel. Julle is awesome verby!!!!


Tuesday, 5 June 2012

Verlange

Elke dag wat verby gaan vang ek myself dat ek na jou verlang. Dit is `n ander verlang.... nie die verlang wat ek voel vir my ouers of die seuns of vir Kobus as hy weg gaan nie, maar `n ander soort verlang wat ek nie ken nie.

Dit is ook nie `n verlange wat ek deel nie. Dit is net myne. Verlange vir jou omdat ek weet jy is daar buite my skat. Dalk is jy al in jou magie-mamma, warm en knus of dalk is jy al veilig by `n kangeroe mamma of dalk is jy nog net deel van die Vader se plan vir my lewe, maar ek weet jy is veilig en jy is gelukkig.

Ek velang om jou gesiggie te sien. Ek verlang om jou storie te hoor en om deel te word van jou reis hier op aarde. Ek verlang om saam met jou te speel en vir jou nuwe avonture te laat beleef. Ek verlang om jou te sien speel op jou stage wat ek besig is om vir jou te bou.Ek verlang na jou armpies om my nek terwyl jy liefdetjies in my nek soen.

Waar jy ook al is op jou reis, my liefiekind, ek wag vir jou, en pappa wag vir jou, en ons kan nie wag om jou deel te maak van ons gesin en ons liefdeskring nie. Ek bid dat Liewe Jesus jou altyd styf sal vashou en jou veiling tot by ons sal bring.



Monday, 28 May 2012

Die tema word ietwat aangepas ;D

Ek het vandag die perfekte materiaal gekry vir Sussa se kamer en daarom moet ek die tema ietwat verander:
Patchwork in candy colours with wise old owls (or cute ones). Ek dink nog aan die korrekte afrikaanse vertaling:)

Sunday, 27 May 2012

Ons het `n tema!!!

Dit is amazing as iets net kliek...ek het die naweek ge-kliek! Die hele tyd wonder ek wat ek met sussie se kamer gaan aanvang en daar in Mr. Price Home (nie baie fabulous nie, ek weet!) kry ek my inspirasie! So hier is die amptelike tema: Biggie Best laslappie in engelse roostuin skakerings, met uile!


So nou is ek op `n mission en google ek al die hele naweek vir alle vorme van inspirasie. Ek gaan self `n paar uile maak vir haar bed se linne en leer nou op youtube die aplieksteke. Ek het `n nuwe mission en is baie in my skik. Net môre gaan ek naaldwerk winkel toe gaan vir al my toebehore. Kan nie wag om te begin nie, gaan soooooo stunningly klassiek wees. Watch this space!!!


Friday, 25 May 2012

Om onvoorwaardelik lief te hê

Wat beteken dit om onvoorwaardelik lief te hê? Is daar nog so iets in die moderne era?
Om sonder voorbehoud iets of iemand te aanvaar en lief te hê is myns insiens die perfekte beskrywing maar bestaan dit nog? Dit voel so vir my dat dinge net met voorbehoud aanvaar en selfs geliefd is en dat daar nie `n standaard vir hierdie liefde of aanvaarding is nie maar dit eerder "in the eye of the beholder" is.

Is jy net geliefd of bemind as jy aan sekere voorwaardes voldoen? As jy presies doen wat die ander persoon van jou verwag of as jou optrede binne hulle verwysings raamwerk val? Wanneer troebel die eie ek jou kapasiteit om onvoorwaardelik lief te hê of is dit net `n te kort aan wilskrag om jou horisonne te verbreed en om waarlik braaf te wees om jou eie vooroordele ter syde te stel om iemand anders onvoorwaardelik te aanvaar en lief te hê?

Op die vooraand van ouerskap bid ek vir die krag en vermoë om my dogtertjie onvoorwaardelik lief te hê. Al stem ek nie saam met haar besluite nie bid ek vir die krag om braaf te wees om haar sonder voorbehoud lief te hê en te ondersteun en deur my eie gedrag `n voorbeeld te wees van iemand wat sonder voorbehoud lief het en aanvaar. Mag ek met die Vader se genade vir haar leer van reg en verkeerd en glo dat sy haar pad met selfvertoue sal stap en dat ek altyd haar geluk voor myne sal stel.

Sunday, 20 May 2012

Sussie se kas

Ek het eindelik so stadigaan al die goedjies wat ek so sorgvuldig weggesteek het gaan uithaal en in sussie se kas gaan pak. Daar is `n teddie van Lalindei en Kobus se giggel koei, daar is Inneke se teddie en die cuteste unicorn hardsak wat kobus vir my gegee het met my eerste verjaarsdag saam met hom. En daar is die mooiste hekel rand waslappie vat ek by `Ant Ria gekry het many moons ago. Melanie het ook vir haar `n baie cute babygrow gekoop en dit is ook ini kas in.

Ons het Mall toe gegaan met die uitsluitlike doel om `n storm los te shop maar toe ons al die goed sien toe raak ons nogals chicken en koop niks. Hoe groot gaan sy wees, watter groote skoene gaan sy dra as ek haar kry, is dit `n winter baba of `n somer baba? Die goed is so duur jy wil nie koop en dan moet jy omruil of dit glad nie kan gebruik nie.
Ek het darem die mooiste pop rokkie vir haar gekoop sodat ek nie met absoluut niks moet huis toe gaan nie. Mariette het die stunningste diva outfit vir sussie gekry wat uit Singapoer kom en ek sien `n diva in the making! Ons almal word magneties aangetrek na dieselfde elemente; vere, blieng, sequens, linte en organza. Ek het my hart verloor op `n paar pers cowboy bootse wat net te diva vir woorde was. Hel dit was cute en ek sien so vir sussie in skinny jeans en daai boots. Alles in size petite.
Kobus is glad nie ver agter nie en shop net so lekker vir sussie, hy het nogals goeie smaak vir `n man en ek kan sien sussie gaan `n great ally he in haar pa.

Ek het darem deur alles weer eens voor Reggies gaan vasteek om na die Ferrari karstoeltjie te kyk. Ek love daai nommer kwaai en ek drewl al oor hom nog laaaaank voor ons met die proses begin het. Enige iets Ferrari is vir my cool en die Jeep nommers bly nie ver agter nie. Met tyd kom raad en ek sal maar net getrou moet teruggaan winkels toe totdat en my vrese oorwin het en met vrymoedigheid `n storm kan loskoop.

Tuesday, 15 May 2012

Our funny country

So it is time to get a police clearance certificate. I trot off to the boss and says that I will only be a minute, just have to get a set of finger prints done. Being super duper efficient I downloaded all the necessary information from the SAPS website AND got all the paperwork ready ahead of this visit.

A very friendly constable in the charge office directs us to an office for PC Certificates, PDP`s and Vehicle Clearances. Upon arrival we find two officers deeply involved with a cell phone. We tell them our story & I pull out my paperwork and then they start a conversation in one of our 11 foreign languages. I can sommer hear they are missing the point completely so I chip in. They very friendly tell me that they are only conferring with each other that I am at the wrong office. So they direct me to another office down the corridor.

Much to my delight I see a white lady and thank the Lord for small miracles:)
So she completes a form and tells us to go back to the office we just came from to have our finger prints taken. Yes, I know!!!! Takes 3 people to complete a form and takes a set of finger prints. And only two of them  actually took part in the process.

Then we have to pay our R59 each. The finance lady is so not going to be the employee of the month anytime soon and sommer warns us ahead of time that her computer is slow. It took her a whole 15 minutes to issue a receipt - her computer unexpectedly hanged and it had to be restarted, eish! She did however apologize very nicely for the inconvenience.

So off we trot back to the lovely white lady who is busy working on the slowest computer known to man. I kid you not, it took the computer 7 minutes to print after she gave the command. After all the paperwork got completed she seals the envelope and asks me to go to the Post Office and send it to their Pretoria Head Office. They don`t do internal mail anymore:)

So an hour later I return to work with a blush on the cheeks and a "sorry it took longer than I anticipated".
We really do live in a funny country!

Monday, 14 May 2012

Die wonder van inligting

Na weke se gewag trek ons hier op Wellington toe met `n lysie vrae en vrese (ek is baie pro-aktief met al my lysies) en vergeet heeltemal om tissues te vat.
Nota aan self: hou in vervolg die tissues naby en die mascara dun...

Terwyl ons wag vir Elouise vra ek senuweeagtig vir Kobus of hy die geld onthou het vir die orientasie waar hy toe kliphard uitblaker dat hy dit gisteraand op drugs en los vroue spandeer het. Ek is boedrooi en die seketaresse knip nie `n oog nie. Dit is nou eers vir my snaaks!!!! 

Wat `n belewenis wanneer iemand weke se vrae en vrese in twee ure besweer en jou heeltemal `n ander uitkyk gee op dinge wat vir jou onaanvaarbaar en skrikwekkend was. Jy fokus so op jouself en jou eie vrese dat dit so `n amazing ondervinding is om te hoor hoe bang die ander party is en dat sy net so bang is vir jou en jou verwerping as wat jy vir haar en hare is. Jy leer van hierdie ongelooflike proses waar die Here vreemde mense se weë saam bring om iets groot te laat gebeur. `n Babatjie raak die gemene deler tussen vreemde mense se lewens wat nooit anders van mekaar se bestaan en wêrelde sou geweet het nie. Hy maak vriende van vreemdelinge. 

Jy leer van onvoorwaardelike liefde - die liefde van `n biologiese mamma wat haar kind gee aan `n wild vreemde egpaar en die onwankelbare vetroue wat sy het dat hulle vir haar kind die lewe gaan gee wat sy nie kan nie. Die liefde van `n kangaroo mamma wat vir drie maande `n vreemde babatjie versorg sonder vergoeding en dan alles in haar vermoê doen om seker te maak haar kort lewetjie word perfek opgeteken en al die kosbare aandenkings word met sorg bymekaar gemaak en gebêre vir die groot dag wat ek haar ontvang. 
`n Kangaroo mamma wie se hart vandag breek omdat sy haar moet aangee maar wat die volgende dag terug kom om `n nuwe lewetjie in te neem en die hele onbaatsugtige proses van voor af te begin.

Hoe nederig maak hierdie proses nie vir jou as mens nie. Oornag besef jy hoe selfsugtig jou bestaan tot nou toe was. Jy kyk met `n vergrootglas na dinge wat vir jou saak maak en jou keel trek toe as jy besef jy kry `n skoon  doek en dat jy net met genade daai skildery kan help verf in vertroue dat die Vader julle albei sal lei en dat daar `n helse skoot good luck sal saamkom.

Ek raak nou heeltemal te melodramaties!!!!
Die papier werk is baie maar ek geniet dit. Gaan dit in rekord tyd afhandel. Is besig met ons profiel en het omtrent 4 dae gesit net om deur ons fotos te sif sodat ons die beste moontlike storie vertel. Ek sal verkies om weer mooi fotos van ons te laat neem - jy weet mos daai mooies met die sagte lig wat die rolletjies wegsteek.

Ons is super opgewonde en ek kan nie wag vir die groot dag nie!!!!!
Kan nou eindelik begin shop vir mooi goedjies. Is nog absoluut clueless wat ek met haar kamer gaan maak maar ek is seker daar sal vir my `n liggie opgaan. Ons het nog geen idee wanneer die groot dag gaan wees nie maar ons bid kliphard vir `n dogtertjie teen kersfees.




Tuesday, 1 May 2012

So met `n ompad saam

Hoe min besef ons hoe vinnig die lewe verander en hoe dikwels dinge wat in die verlede taboe was vandag algemeen aanvaar word en selfs geprys word. Kinders van  gemengde rasse is weggesteek en moes die kleed van skaamte dra en vandag word hulle deur egpare openlik aangeneem en aan die publiek voorgestel as volwaardige lede van die samelewing wat liefdevol, met trots, groot gemaak word.

Hoeveel te meer moet `n persoon van daardie era, daardie apartheidsera, nie sy diepgewortelde siening aanpas om plek te maak vir vandag se sienings en algemeen aanvaarbare gedrag nie. Nie net moet hulle vrede maak met die nuwe demokratiese reënboog beleid nie maar hulle moet so `n lewetjie in hulle huis verwelkom en met liefde aanvaar. Hoe moeilik moet dit nie wees om jou eie vooroordele opsy te skuif vir die geluk van jou kind nie. Hoeveel moed verg dit nie van `n ouer om te bid vir dit wat jou kind so desperaat verlang terwyl jou eie hart nie vrede het nie.

Daarom haal ek my hoed af vir elke ouer wat ten spyte van die onrus in sy hart, die vertwyfeling in sy gemoed en die oortuiging van sy opvoeding nog steeds die waagmoed wys om die onbekende aan te durf. Hulle self te onderrig in `n tema wat soveel vrees wakker maak sodat hulle kan voortgaan om net die beste vir hulle kinders te gee en met uiteindelike liefde `n kopskuif te maak wat in die verlede ondenkbaar sou wees, en wat niemand van hulle sou verwag nie.